Jongste aktiwiteit:

ag ja se dae

almal sit op die agterstoep
ouma skink koffie
ryk en lekker
teug op teug
word opgeslurp
eers in piering gegooi
om bietjie af te koel
dan sit hulle terug
dan begin
die pret
“ag ja!” sê oupa
“ag ja” sê oom frans
“ag ja” sê pappa
“ag ja” sê tan trienie
“ag ja” sê ouboeta
“ag ja” sê ousus
“nog ‘n bietjie koffie” vra ouma
“ag ja” sê oupa
op die trap giggel
kleinboet en sus:
“ag ja, seblief ouma”
“julle sal vlooie in jul magies kry” sê ouma

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed