Hiaat
My vleiloerie,
op vergeelde roupapier
is die geluidstrilling
van my
gegraaste gedigte
hemeltergend
en verlang na jou
reikhals-liefde
as vlokke wolke( deur ñ
walsmeule lug)
hulself vasgolf
aan die geel son
en reënkorrels
plas na my welgevalle.
©Zebulon Kochk
Konnichiwa Gedigte
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.