Jongste aktiwiteit:

Rooiwyn liefde

jou passie is verfrissend
soos roomys
op ‘n warm somersdag

en jou lyf koesterend
nes die hitte
van ‘n winter se kaggelvuur

soos sterk koffie
prikkel jou reuk
my hele wese

jou omgee is romerig-soet
soos ‘n likeurdrankie
gegeur met jou natuur

en jou soene
is smelt-in-die-mond
lekkerte

jou liefde is ryk
nes verouderde rooiwyn
word dit elke jaar net beter

jy is my harts-chocolates
die lewe
se bederf

©Jessica Venter
13/02/2020




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed