Onderstebo Boom
die hout wortels anker om klippe grou na water mis en ander goed. haar wortels lek grond voedsel los maak dit een muti vir mense en woud. grondslag lê in wortels al is die groen kompos in vêr af aashope ongeag die seisoen.
Anderkant die Spoorlyn
Anderkant die spoorlyn lê ‘n blootsiel in die as, kognitief verslete in ‘n vaalbruin tonteljas. As ‘n roeper vir die vryman (uit dié se eie regterstoel, sê maar, sy selfbenoemde amp) is sy doel gedien ter aarde, in die flikkerende ligsein, van die kondukteur se lamp. Nuutskeppings # Blootsiel – ‘n mens wat meer as […]
Ware Klere
die baadjie pas nie op elke skouer nie, oom en tannie sê ervaring geleerde verwys na eeue se opgeskrewe filosofië youtube met glansende taal en goed versorgte gepakkette deur mooi gemaakte gesigte oortuig dat dit… die beste klere is in besige verkeer ouers met skreeuende kind tienerkind wat na ń hero hunker verwerk ervarings om […]
Liesbet ontsnap
(1038 Woorde) Ek’s nie seker of ek geslaap het of wat nie. Ek het net bewus geword. Ek het bewus geword van die styfheid in my hele lyf. Asof ek gister gehardloop het en daar te veel van my spiere verwag was. Ek het my oë oopgemaak, maar alles was steeds stikdonker. Nie donker soos […]
Vals Sukses
deur geslagte slapelose rond rol nagte vroeë oggend afsprake ontwikkel jy masjiene wat note druk. ek weer het nie ń bloudruk vir geld maak korttermyn stukkies handewerk langtermyn oorlewing onbekend altyd op ń straathoek deurdie wind. sy vervangbare luukse goed nooit self opgepas my min goed met alles wat ek het, albei take ewe onbevredigend.
Vryval
hoe vry is vertes in die niet en al die sterre wat verskiet, in hierdie huisgebonde ankertog van tyd? hoe vry is wolke wat kan sweef tussen winde wat herleef, wie vir wagtings by ‘n bliksemstraal moet pleit? hoe vry dan is ‘n vloeivallei langs die hange van ‘n berg, teen die onmeetbare kontoere van […]
Straat Musikant
groot vervoer brul verby die gekor van karre met duur bril tannies wat vir parkering shop. geel baaitjie wagte hoor straatbos musiek voor rykgat winkels langs huur direkteur kantore. hy speel sy fluit van chinese kwaliteit voor ń afwesige gehoor vir my siel.
Kokosi Huisie
in die vaal wit winter wind staan ‘n stof kind. brand siek hoenders skarrel om môre twintig te voed. agter koue sink nog ‘n kind wat net dit verstaan.