pragnosties
tussen koue en hitte lê my duin nat gereën wes kaap se nat winters bloei uit in blomme reën so kyk my siel na alles uit pragmatiese oog ook diagnosties soekend na die antwoorde wat ons altyd flous ©Teárlach
Losprys
Koop my lyf met jou hart en dan sal ek be-sluit of jou lyf my hart kan be-kos-tig
SOEKENDE SMAG
SOEKENDE SMAG (Brons) soos die natuur smag na reën en die son daarmee saam so smag my binneste na oorlewing op jou soos die blom smag na die by op natuur se naat vir voortbestaan soek my hele wese met ‘n woelende teug soos die see smag na die storm wat woed golwe wat heen […]
Stil gedagtes
my gedagtes is aan die draai stilwees is in die kaai waar seemeeue draai terwyl vele maai oordink ek baie werke sonder vele in kerke versteekte gedagtes tussen berge word krag verbreek in sterkte stil het baie geword geen spraak is uitgesort elkeen nie gesond so baie is gewond staan ek stil en alleen geen […]
Alleen in stilwees
dae en nagte gaan verby woeker elkeen besig met sy eie dinge soms loop die gedagtes ver heen terug na jou kinderdae en jy onthou dae in jou eie aanwesigheid terwyl stortvloed woorde in jou kop maal en jy dink aan ‘n perd wat jy opgesaal het maar nooit ooit die uiteinde daarvan gesien onthou […]
herfs
die blomme is wonderskoon in palet kleure geverf oor die duine gulsig word elke druppel vog gebruik in elke moontlike voortplantings tog bye en heuning voëltjies floreer stuifmeel draers van natuur helaas is die blomtyd kort verlep en verdwyn alles spoedig in bruin duin soos die jeug van ‘n mens ook spoedig verlep in plooie […]
Dennebos In Afrika
die dennebos staan mooi gespasie minimalistiese versier met ‘n bruin mat. ‘n bietjie groen dood Steriel. dan bars dit oop ruigte dik en hoog Wit hout Geel hout Swart hout wat sing saam in Afrika.
Liefde in Joslingstraat. (BRONS)
Liefde in Joslingstraat. Liefde speel so ʼn tamaai groot rol in ons lewens. Alhoewel dit ʼn ernstige onderwerp is, kan ek nie anders as om lekker saam te giggel as ek so tong-in-die-kies die verhaaltjie van my ouma vertel nie. Ouma Lilly se huis was groot en wit met ʼn wye rooi politoer- voorstoep. ʼn […]
lig wat skyn
ligte oor die see vertel stories van verre lande vragskepe en passasierskepe wat heen en weer oor die see in sirkels pendel vir wins nader aan my duin sien ek snags om die punt ligte van die hawehoof en dorp wat oorkant die baai lig maak vir dié wat daar woon soos die ligte snags […]
Sonder liefde
Langs die dam sit ‘n boemelaar en visvang, sy visstok is van riet, en sy lyn van draad. Hy het lank daar gesit op ‘n blik, gewens hy kan ‘n groot vis vang. Vir dae het hy niks ge eet, hy was baie honger. Hy het niks op sy naam gehad nie, net die fodde […]