herfs
die blomme is wonderskoon
in palet kleure geverf oor die duine
gulsig word elke druppel vog gebruik
in elke moontlike voortplantings tog
bye en heuning voëltjies floreer
stuifmeel draers van natuur
helaas is die blomtyd kort
verlep en verdwyn alles
spoedig in bruin duin
soos die jeug van ‘n mens
ook spoedig verlep in plooie
skete en pyn uitdrukking spore
na die vrolike herfs kleure
volg die koue winter
dae en weke van
trietsigheid
maar kom
laat ons
nou
die lente
geniet
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.