Alleen in stilwees
dae en nagte gaan verby
woeker elkeen besig met sy eie dinge
soms loop die gedagtes ver heen
terug na jou kinderdae
en jy onthou dae in jou eie aanwesigheid
terwyl stortvloed woorde in jou kop maal
en jy dink aan ‘n perd wat jy opgesaal het
maar nooit ooit die uiteinde daarvan gesien
onthou ek van dae alleen in my eie stilte
terwyl hordes mense rondom vergader
karring jy verpose voort met siel en liggaam
jou trots diep in jou sak gebere
want niemand verstaan die gevoel
tussen hordes mense maar tog so alleen
alleen in stilwees omdat niemand luister
ek mis dae van lekker kuier by familie
ek mis die vrystaat se vlaktes oppad Kaap toe
berge wat met jou praat in ego geluide
die see se sproei teen my gesig vas
die plaas geluide van die bosveld
die heerlikheid van die alleenheid in stilwees
kan ek vir ure my meer vermaak met baie
maar die oomblik tussen baie siele
maar tog die gevoel van alleenheid bereik
en die groot gemis van iemand wat omgee
dis dan wanneer jy besig raak
sodat gedagtes nie torring nie
word jou dae om gesit in skeppings
beleef jy elke item wat vertroosting bring
want ek en my gedagtes het een geword
saam sal ons twee die dag ingaan
gesprekke met mekaar voer
en vanaand wanneer die moegheid ons oorval
is ons tevrede want ons het mekaar
ten minste iemand met wie ek kan deel
©Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.