Valentyn
gemeenskap is heel mal vir die siel verwoestende alleen fees. wie was die… Valen tin. kom kuier eerder warm teen my saggies gevurk sonder geskenkies sonder verwyt of enige iets.
Kennis Verlos
gedruk in grys boekies as oorspronklik gemerk deur sosiale media gedubbel toets en waar verklaar. op ń doring tak groei lykens stadig tentikels diep ingegrein vervaal tot stof. maag draai, hare rys kennis spoel vry van geskrewe stof in drome.
ruimte
oor my duin hang daar ‘n blou koepel van donker swart tot ligte blou met ligte miljoene sterre waarvan party flikkerend seine stuur die koepel lyk of dit stadig beweeg oor die see altyd draaiend in skuifel pas van oos na wes net die vele liggies aan die strand se kant verdof die pragtige vertoning […]
jy (Brons)
die koelte van ‘n skemer berg die oggendmis se trane-dou vind ek by jou die paaie na ‘n huisie by die see is wat jy my gee die rusplek wat jy vir my bied word ‘n stille liefdeslied
Mymer
My fotografiese geheue onthou nog ons mooi herrineringe pieknieks op lemoengras waar ñ strelende rukwind die parmanente karteling van jou pikswart hare oor jou gesig waai
Granaat liefde
Soms is my weerstand min wil jou so graag in my arms bemin jou toevou met sagte vlinder vlerke want jy laat soet sap uit my rooi granaat hart tap
Engele uit die Karoo
verlore, verdor, verlate arm siele sonder afwagting, volstruisveer mense. vervorm met gekruikelde hande tot vry vlieënde engele in volstruis vere. engele vlieg uit die droë veld, stukkkies glas om harde draad as sagte siele reën.
voor-seisoen kalf
in noordelike somer is die weskus droog fynbos krakerig sag en my duin windstil die skaap loop traag op droë stoppelveld staan en herkou voer laasjaar se koringoes eenkant in die kampie staan watertrog alleen waar vee daagliks suip geen koelteboom naby verlore in die leë veld staan maer bruin koei met voor seisoen kalf […]
Vers een die beminning
Kra-p die silwermaan, O’beminde sodat jy die sprinkels oor jou kan strooi; brei jou vingers in ‘n waboom in- in die soepelheid van jou slaap, rus dan rustig vol gedagtes donker en alleen sal ons mekaar vind; pers my lippe teen joune vas, splinter porselein ek is jou papirus ‘n poel in die naakte oasis […]