Liefde Tekort
liefde verval as alles, my skatjie te kort skiet. liefde verdwaal so op ongekaarte halfhartige paaie. liefde ontdooi dan as stink denke met geen uitweë.
geboortedag
toe my oë oopgaan was daar dowwe geel lig ek het geskreeu van skrik hierdie wêreld sonder water was baie erg om te ontmoet teer en warm bors van ma het my toe gerusgestel my in liefdes kus ontvang ©Teárlach
VINCENT VAN GOGH – MAL, OF BITTER ALLEEN?
Dis laat-laat in die aand en iemand deel die liedjie Vincent, dalk beter bekend as Starry, starry night. Behalwe dat dit mos ‘n hartroerende mooi lied is, is dit so al asof die woorde so ‘n soort van ‘n krapperigheid in die keel veroorsaak – so al asof jy skielik so half moet kug-kug om […]
liefde
saggies blom liefde in my hart soos affodille wat sag ontluik anders as suikerbos blomme wat skerp en stekelrig ontplof saggies bloei liefde in my hart soos roosknoppies sonder vog wanneer aalwyne se blomme bitter sous verander in nektar saggies skroei son my liefde natuurlike verkleuring geset in kleure van die koring are wat ryp […]
Leeu Gamka
in sylyn drie staan wag ń goedere trein gebore 1954 met veld bruin graffiti kante. teen die winter wind somer son vervlek met leë maag tronke wat stink na vele vragte. gebind met gebuigde swart bloed are sterk, gemerkte vinger knoppel skakels. in stille trost grom die kop reg om die kaapse berge te oorkom. […]
Kuns Plaas Koop
die grond lê braak jare al skilder die natuur sy eie prent op die vaal doek. ko-op vra geld sê jy is seker mal geslagte het geleer verf vat nie op ń nuwe doek. slawe arbeid kuns en plaas koop altwee verwoes die doek.