HEILIGE SAKRAMENT
HEILIGE SAKRAMENT Fanus Strydom 850 woorde Pa smyt vies die koerant voor sy voete neer. Hy skop verontwaardig na die voorblad met sy verband-toegedraaide voet. Die gebreekte groottoon klop weer erg aan sy gewonde ego en swaar gemoed. “Dis als jou skuld,” sê hy vies in my rigting en soek opnuut na rede […]
Die kortste humeur van die jaar
(Woordtelling 149) Onthou julle nog die dae van Safari pakke? ’n Broek met bypassende baadjie en dan daardie lang wolkouse. Grrrr. Dit moes hoog mode gewees het gedurende die 70’s en 80’s en het dekades langer gehou. Elke volbloed Boer het ten minste een so ’n pak in sy klerekas gehad. Dit was letterlik […]
Reën
Drip. Spat. Flits! Blits! Donder en dreun! Hier kom die reën… Deur Retha Weir
Moedertaal
Dis nie die wekker wat haar wakker maak nie. Ook nie die sonstraal wat tussen die gordyne deur sluip en haar oë irriteer nie. Nee, dis die reuk van ñ bondel vars hondepoef wat voor die venster gebak is soos ñ trifle op ñ kerkbasaar. Annabel staan op met ‘n frons en lag onverwags: haar […]
Onseker Oes
op die wang van die groot dam staar vissers dieper vir ń maal in ń diep sloep woel die vis hul jag vir ń maal bo dobber ons in die brander wind onder verdonker die sloep daar is geen oes vir vis nog vlees vandag môre jaag ons weer op geknipte vlerke
Wind
Sy wals, warrel en waai, gaan lê, staan op, en draai. Sy kom nog ‘n keer met ‘n swaai, En woerts is sy weg en dis stil. ©RholienNel2023
liefde (silwer)
liefde ’n sagte kus wanneer ek my kop teen jou skouer rus ©Hester Steenkamp
bibliofiel (silwer)
bibliofiel Afrikaans is ’n biblioteek en ek is mal oor lees ©Hester Steenkamp
Waarheen? (Goud)
waar kom ek vandaan en waarheen sal ek gaan ek kom uit moederskoot en gaan reguit na die dood