HOEKOM MAMMA
Twee dogtertjie se oë ontmoet vraagtekens en trane wat stil ‘n kinderhart ontmoet sy breek haar toebroodjie in twee wonder hoekom die dogtertjie nie eet sy hardloop oor die speel terrein eenkant sit ‘n seuntjie klein kniegies hoog opgetrek verwaarloos verslete op sy wang ‘n traan sy sussie oorhandig die broodjie verhonger eet hy dit […]
NOG EEN KEER
Nog een keer pappa die swaai met reënboë kleure wind wat my hoër lig kinder glimlag wat die son soen vreugdes uur wat boete doen Nog een keer pappa die tatoë se lewenskontoer sel agt-en-twintig leer hy inkleur op pappa se arm tussen die kruis se lyne het hy Jesus gewaar Nog een keer pappa […]
April 2024 – Uit die oog van ‘n kind projek
Beste INKers Hierdie maand is die projek heel eenvoudig. Die tema is: “Uit die oog van ‘n kind” In welke genre jy ookal deelneem, moet jy slegs gehoor gee aan die tema. Jy mag dit interpreteer soos jy wil maar jy mag nie die tema as ‘n titel vir jou werk gebruik nie. Innoverende mense […]
Mure
sandsteenmure verweer sandkorrel sandkorrel… en klip trou weer met baar grond sandsteenmure verweer in laatmiddag sonstrale hoëveld goudbruinvelle met baar wonde die sandvel skilfer as moddermismessel verweer en gee geboorte aan sand klinies uitgeverf staan sandsteenmure in die vrye ope veld as grondskelette
harde klanke
wanneer die kakofonie van klanke om my bars rek en krimp my bloedplaatjies verwoed op hul mars brand suurstof borrels witwarm deur my spiere smag my droë longe na die vars seelug vervat my gedagtes hul beginpunt versnel my siel weereens sy lewensreis na êrens of dalk nêrens ©Teárlach.
Winterfront (Goud)
jy kom roep my nie meer om saam jou te aanskou as die weerlig dramaties tussen die randjies bokspring nie ek gaan soek jou nie meer om langs my te kom staan wanneer die sekelmaan versluierd agter die wolke uitklim nie ons hou nie meer hande vas as ons saans gaan slaap nie en voel […]
Vanselfsprekend (Goud)
Dis skandalig hoe ons deur dié dwase gejaag na niks so maklik kan vergeet wat eintlik belangrik is en ons seëninge so lag-lag as vanselfsprekend ag. Soos die liefde wat ons geliefdes teenoor ons betoon, die eenvoudige gebare waarmee hulle ons immerdeur beloon, die klein dingetjies en edelaardige dade waarvan ons die waarde so graag […]
verstrengelde harte (SILWER)
verstrengelde harte moederlike instink ontvou op dooie doek met mamma in nargewaad; beskermde wese gesig geverf, koesterend beskut en bewaar sy ʼn jong gees wat spreek van leergierigheid in kindjie klein met gees van jeugdigheid brand nuuskierigheid se vlam – lig en helder met ʼn honger na kennis en ʼn hart wat glo […]
‘n Diamantgedig (SILWER)
gade fraai fenomenaal ondersteun beskerm ontgin gedroom geskitter gedeel gesteun beskerm bewonder bemin vergenoeg verdraagsaam eggenote