verstrengelde harte (SILWER)
verstrengelde harte
moederlike instink ontvou op dooie doek
met mamma in nargewaad; beskermde wese
gesig geverf, koesterend beskut en bewaar
sy ʼn jong gees wat spreek van leergierigheid
in kindjie klein met gees van jeugdigheid
brand nuuskierigheid se vlam – lig en helder
met ʼn honger na kennis en ʼn hart wat glo
floreer in veilig gemeenskap met die moederhart
met die bal as simbool van vreugde en emosie
ʼn kinderlik’ beeld van speelsheid en vreugde
wat in warm kleure van rooi-en-wit ontstaan
lewendig haar stille toewyding in suiwer liefde
gesiggie geverf as kleine nar, getuig van geluk
boek in kleuter se pofhandjies dui op wysheid
as simbool van leer, die kern van ons nageslagte
in elke bladsy vind jy steeds stille toewyding
ʼn teddie sit stil en sterk – gekoesterde vriend
met vertroostende band van liefde en warmte
ʼn brug tussen wêrelde – so wyd van mekaar
moederlike instink sal altyd verstrengel staan
©MarleneErasmus
* “Mother and Child” deur Zeke de Villiers
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Maart 2024 - OOP projek