Jongste aktiwiteit:

heling

.
teen die helling van my duin
staan ek en staar oor die kalm see
ver oor die horison steek maste uit
nou en dan blaas die mishoring
so asof iemand hartseer is
.
laasnag se sagte druppels
het weereens gekom soos manna
wat die veld opnuut kom heel het
nuwe groen blare spruit reeds
so asof dankbaarheid groei
.
teen die hele wêreld vry
vertel my hart die storie van stryd
in die wêreld maar nie van die wêreld
laat eensame gedagtes vassteek
so asof afskeid neem broei
.
©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed