Vanselfsprekend (Goud)
Dis skandalig hoe ons
deur dié dwase gejaag na niks
so maklik kan vergeet
wat eintlik belangrik is
en ons seëninge so lag-lag
as vanselfsprekend ag.
Soos die liefde
wat ons geliefdes
teenoor ons betoon,
die eenvoudige gebare
waarmee hulle ons
immerdeur beloon,
die klein dingetjies
en edelaardige dade
waarvan ons die waarde
so graag kan onderskat
tesaam met elke asemteug
wat ons soms ondankbaar
net vat.
© Loretta Szikra
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Maart 2024 - OOP projek