EENSAAM EN ALLEEN
TEMA: KERSFEES Vir baie bejaardes is Kersfees na my mening ’n tyd van groot hartseer. Soos vir die moeder wat netjies aangetrek, in die voorportaal van die ouetehuis sit en wag dat haar kinders haar kom haal. Senuagtig vroetel sy met haar verrimpelde hande in haar skoot. In haar handsak het sy twee geskenkies, netjies […]
GENADEFEES
TEMA: Kersfees Kersfees is ’n tyd wanneer vreugdevure hoog brand en dikwels met drankmisbruik en allerhande uitspattighede gepaard gaan. Daarbenewens is Kersfees ook ’n tyd waartydens geliefdes bymekaar kom. Geskenke word dan uitgeruil en seënwense teenoor mekaar uitgespreek. Maar ons is so geneig om met die viering van Kersfees te vergeet van God, en Sy […]
HEIMWEE
TEMA: SO ONTHOU EK KERSFEES. Die hoogtepunte in my kinderlewe was die jaarlikse viering van Kersfees op Oupa se plaas, in die opstal met sy spierwitgekalkte mure. Ouma se kombuis was die hartklop van haar huis. Met beesmis en perskepit uitgetimmer het haar vloere skitterblink gepronk. In die hoek het die koolstoof met klik-klak-geluide gekletter. […]
As die son …
as die son se oog die horison vlek en pêrelpienk oor die duineveld lek begin die nag se sterreprag wemel want dit is Kersfees ook in die hemel ——-ooo000ooo——- (©Pieter Mostert) [Silwer]
KERSFEES OF EKONOMIE FEES?
Die woord ekonomie is afgelei van die Griekse woord ‘oikonomos’. Dit is saamgestel uit die woorde, ‘oikos’, wat huis beteken en ‘nomos’, wat orden beteken, synde die beginsels waardeur sodanige huishouding bestuur word. Dus behels ‘oikonomos’ die ordening van ‘n huishouding. Ongeag of dit die mikro- of makro-ekonomie is, is dít die beginsels waardeur sodanige […]
ek(ons)belowe
geloftes: gister, vandag en môre 6 April 1654 – Op hierdie dag Jan van Riebeeck 6 April verklaar as ‘n openbare vakansie dag en ‘n Dankdag vir al die weldade ontvang. 9 Desember 1838 tot 15 Desember 1838: Hierdie gelofte is op 9 Desember 1838 vir die eerste maal deur Sarel […]
Omgee tyd
Onthou ek hoe familie van vêr vroeër gekom het en vir ‘n paar dae oorgeslaap het. Wat saam kerkdiens bygewoon het op Kersdag voor die feesmaal. Toe gesinne en families nog volledig was behalwe as iemand weggeneem is deur die dood. Waar strate versier was en nie net huise en die boetebessie in Kerstyd ‘n […]
Die wonder van Kersfees
Kersfees kom en roep aarde tot stilstand in die glans van vrede, vreugde en liefde die viering van Jesus se geboortedag wat lig in donker wêreld bring en hoop. © Suzanna Letterink
Die geskenk (Silwer)
Kersfees klop aan die deur van my hart met ’n geskenkpakkie oorkruis verbind met rooi lint en my naam daarop die inhoud: Johannes 3 vers16 … ———–oo00oo———- ©Pieter Mostert