Jongste aktiwiteit:

Resensie: Juffrou Stinnes ry om die Wêreld, die film

Juffrou Stinnes ry om die Wêreld, die film

As 26-jarige het Clärenore Stinnes ‘n hele klompie dinge agter haar wat sy aangepak en deurgevoer het. Die dogter uit ‘n vooraanstaande industriële-imperium, was so iets soos ‘n doring in die vlees van haar familie, omdat sy geweier het om, soos dit behoort, ‘n passende heer-en-meester te trou en te dien. Toe haar broers die bestuur van die firma oorneem en weier om haar daaraan te laat deelneem, verlaat Clärenore haar ouerhuis en lewe selfstandig. Sy is klaarblyklik ‘n moderne opgevoede vrou wat weet wat sy wil hê, en het die vermoë, auch die finansiële, om dit te bereik. Tot datum het sy 17 motorreisies gewen en het as enigste vrou – op uitnodiging – aan die groot Rusland-rallye deelgeneem. Op ‘n dag besluit sy om die aarde in ‘n motor te omrond. Gesag, gedaan.

Sy kies ‘n normale stadmotor, ‘n Adler Standard 6, en op 25e. Mei 1927 ry sy uit Berlyn weg. Saam met haar ry ‘n Sweedse fotograaf en kameraman, Carl Axel Söderström, wat die reis gaan dokumenteer; en in die navolgende vragmotor twee motorwerktuigkundiges met alle denkbare gereedskap vir ingeval. Die jonge vrou het in vooruit tot Moskou geplan en depôts vir die benzol — nie benzin (petrol) nie weens die hoëre energiewaarde — geörganiseer. Die Europese deel van die reis is eerder met burokratiese hindernisse besaai as ander probleme. Dit kom soos dit moes en haar twee Mechanikers verlaat haar; van nou af het sy net die kameraman, sou iets gebeur.

Deur die pas-ontstane USSR ry sy, juis in die tyd toe Stalin besig was om sy beste vriende en vennote af te slag; dan deur Sjina, waar ‘n goeweneur weens die rowers en deserteure langs die pad uitdruklik daarteen waarsku om deur die Gobiwoestyn te ry; dan verder oor die Stille Oseaan na Suid-Amerika oor die Andesgebirgte in ‘n tyd toe „paaie” trampelweë vir bergesels beteken het. Dan Noord-Amerika: Juigroepe – Asfaltpaaie, die hele pad na New York! Juffrou Stinnes het van aanvang aan geen twyfel gehad dat sy die 48 000 kilometers gaan deurvoer nie. Op die ou end het hulle 46 komma-iets-duisend in die loop van twee jare getel.

In 2009 het die film in die Duitse „Kinos” gekom en het ‘n paar pryse onderwegs gewen. Dis ‘n besonders interessante mengsel uit speelfilm en dokumentasie: Die gekleurde dele is eenduidig gespeel, maar om die verhaal egter te maak is gebruik gemaak van Carl Axel Söderström se dokumentêrfilm Im Auto durch zwei Welten (In ‘n motor deur twee wêrelde) wat tydens die reis tot stand gekom het. Buitendien is gebruik gemaak van die nuusfilme van die tyd. So ontstaan ‘n eienardige gevoel by die toeskouer: Ek kyk hier ‘n gewone fliek, en ek beleef ook iets wat veel nader is aan die waarheid as fiksie – gedurig in ruil met mekaar. Die toneelspelers in volkleur lyk ook nie eers soos die swart-wit mense wat dit tagtig jare gelede beleef het nie, maar dit maak nie saak nie – ek is vol bewus daarvan, en kan altwee bewussyne gelyktydig verdra. Tot die voordele van die film kom die gedrukte kortinfotekste oor wat juis dan in díe deel van die wêreld aan die gang was.

MAAR dis ‘n film, nie ‘n geskiedenisles nie, en werklikwaar die moeite wert om te gaan kyk.

www.fraeulein-stinnes.de

www.realfictionfilme.de

23e.Januarie2017_c]:o(٤☼☼☼☼(o;[>_____________.tje

[Hierdie resensie pas in my reeks oor beroemde vroue in die wêreldgeskiedenis.]




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed