RESENSIE: WELCOME TO NORWAY, die film
WELCOME TO NORWAY, die film
Europa beleef ‘n immigrasiegolf, nee, ‘n branding soos nog nie vantevore nie. Nie net weens die Siriëkrise nie. Uit alle rigtings kom die mense in duisende hier aan. In Duitsland word skynbaar oor ‘n miljoen „onvrywillige immigrante” verwag – jemand het „per jaar” gesê. (Origens die VSA het ‘n boonste grens van om twintig-duisend opgestel: Slegs Christene, slegs deur die sekuriteitsdienste uitgesoektes, slegs, slegs, slegs. . .) Die Here weet, hulle is níe welkom nie. Maar die „political correctness” verlang dat hulle minstens soos mense behandel moet word.
Juis diegene wat óns so heftig kritiseer het, word nou plotslik konfronteer met mense uit ander kulture met geheel-en-al ander gewoontes en tradisies, met mense wat heeltemal ander waardes en waarhede koester. En nou moet hulle maar sien hoe hulle met die nuwe omstandighede klaarkom.
In hierdie film word dit geïllustreer aan hand van ‘n noorweegse hotelier wat sukkel om gaste aan te lok en die „eenvoudige” oplossing kies: Hy verwandel sy hotel in ‘n vlugtelingslosies. Soiets het ook sy prys. . .
☼
[WELCOME TO NORWAY; 2016; regie Rune Denstad Langlo, met Anders Baasmo Christiansen, Henriette Steenstrup, Slimane Dazi, Nini Bakke Kristiansen, Marianne Meløy, Renate Reinsve, Elisar Sayegh en Tine Wiggen; Norweë; 95 min.]
☼
Die hoteleienaar Primus se „Skimobiel-Safari” was glad geen sukses nie en hy moet omdink as hy wil bly lewe. Hy ervaar dat ‘n soort „kopgeld” betaal word vir elke vlugteling wat opgeneem word. Hy het vyftig beddens in sy hotel, ‘n bus het plek vir vyftig passasiers. Aldus haal hy ‘n busvrag vlugtelinge, waarvoor hy aansoek gedoen het, van die stasie af.
Nou is dit so: Sy hotel is nog nie klaargebou nie, daar staan meubels oral, vloere en deure is nog nie bruikbaar nie. In ‘n paar kamers moet die inwoners – voorlopig! — deur die venster inklim. Sy vriend vra of hy voedsel het. Ja, seker. Diepvries volkoringbrood, wat dan deurgesaag moet word. Die elektrisiteit val in die eerste ure na hul aankoms uit, maar hy vind tog ‘n diesel-generator. Slegs één vlugteling kan Noorweegs praat, ‘n paar Engels. „Hoekom altyd Engels, kan jy nie Frans praat nie?” By die kamer-indeling moet hy oppas juis wie ‘n kamer kan of mag deel: Christene en Moslems uitmekaar, Soeniete en Sjiïte uitmekaar. . .
Die eerste groot verrassing kom van die beamtes: Hy kry nie geld nie, voorlopig nie, hy wat platsak is, maar artikels met geldwaarde. Byvoorbeeld biblioteekboeke – ‘n hele biblioteek vol boeke, wat slegs plek opneem en geen geld in die bedryf bring nie. . .
☼
Alles wat hy doen, skyn skeef te loop. Tot en met die aansoek om asiel van die enigste n-. . .(Oppas! Verbode woord in Europa!) met wie hy kan praat, wat afgeleen word.
Ja, dis ‘n klugspel, by tye met taamlik swart humor. By tye waar ek, met my agtergrond, taamlik baie dinge moet aankyk wat ek al ken – en dis vir my nie snaaks nie. Maar dis ‘n poging om die verwarring in die koppe van die Europeërs te verminder en die pyn van hierdie skielike, onverwagte kultuurkonfrontasie te linder. En gelyktydig om „gesig te bewaar” en aan die ou liberaal-humanisties-demokratiese waarhede te bly glo.
Nou goed, dis tog op ‘n manier komies en verdien seker sy drie sterre.
☼
©.2017……………………….◄]:o(☼☼☼(o;Þ……………………………..tje
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.