Jongste aktiwiteit:

‘n Nuwe dag

‘n Nuwe dag

Met sekelmaan is dit pikdonker
maar die nag het nou sy swart mantel afgewerp
en ek kyk deur deur die venster na sy laaste
wasige lumiersluier en stoot die komberse
van my lyf weg dis opstaantyd en swaai my bene
uit die bed en hoor vir oulaas die werfherout
met skel geskal en vlerkgeklap oor rant en dal
die rooidag begroet en voëltjies kwetterend
hul vere regskud sy oggendsinjaal ‘n wekroep – – –
‘n Nuwe dag het aangebreek met
sy suksesse of mislukkings,
geboortes en sterftes,
liefde en haat,
aanvaarding of verwerping, watter
uitdagings of teleurstellings ookal wag,
is dit ‘n neutvars, kraakvars nuwe
geseënde genadedag – – –

Janetta – Helena [Babs]©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed