
HARTS KLANKE
Die woorde is stom, die instrumente sonder wysie
die bladmusiek skree luidkeels om openbaring
van die hart se grootste simfonie
tot vervelens toe deur die eeue herhaal
die bladmusiek skree luidkeels om openbaring
terwyl die note van my eie hart hul vorm kry
tot vervelens toe deur die eeue herhaal
liefde bely in die mooiste neurie klank
terwyl die note van my eie hart hul vorm kry
van die hart se grootste simfonie;
liefde bely in die mooiste neurie klank.
Die woorde is stom, die instrumente sonder wysie.
©HMellet
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Liefde projek