Sig-sag die wind
Die val van die blare
klink soos verlore note
wat hard op die grond val
en die wind hamer-en-sekel
deur ‘n grys reӫnboog
In die tolbos van genade
voel ek die hede se stem
verhewe my lewe
in die branders van mag
voel ek God se mag
hou oor my wag
Kuier my gedagtes
om dieselfde vuur
‘n smeek gebed
wat ek te vinnig
te sag op stuur
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.