Om te Lewe
Om te lewe.
Om te kyk is om te sien.
Om te luister is om te hoor.
Om te voel is om te lewe.
Om lief te hê, is om dit wat saak maak te vertroetel, te vertroos en nie te oordeel nie.
Om nie te meet nie, om nie vrae te vra nie.
Maar om net onvoorwaardelik lief te hê.
Waar die murg en been ‘n eenheid vorm en die liefde na die oppervlak stoot sodat jy dit kan ervaar.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Inkmoderator
Emmarentia, kyk hoe speel ek met hierdie skrywe van jou: Kyk, is om te sien, luister, is om te hoor, voel, is om te lewe. Vertroetel wat saak maak is om lief te hê; te vertroos - geen oordeel nie, sonder mate, sonder vrae... onvoorwaardelik in murg en been só liefde en lewe te ervaar. Ek weet ek het die heilige drumpel oorgesteek en waansinnig aan jou werk gekrap, maar ek wil wil jou wys dat woordekonomie (korter sinne) baie meer funksioneel is as waarvoor ons dit krediet gee. Gesels asseblief met my hieroor. Jy het natuurlik geen verpligting om die voorstelle te gebruik nie maar kan dit as riglyn gebruik om so bietjie hieraan te skaaf. Skryfgroete IM