Gister se Seer
Sal jy dan vandag,
met gister se seer in jou oë,
‘n verbrokkelde siel in jou hande,
te min pleisters om als vas te plak,
te veel duiwels-donker in die nag,
Kan rasionaliseer en glo?
Glo dat jy die brandende seer kan herstel,
met iemand anders se pyn?
Met ou wonde oopgrawe,
skerp messe insteek in draai,
perfek verwoorde verwyte?
Geluk word nie gebou
Op ander se ongeluk …
Die lewe,
Voltooi die sirkel self…
In tyd
© F Jansen van Vuuren
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Barbara
So waar