Jongste aktiwiteit:

As flitspoeier ontplof

As flitspoeier ontplof

Vandag span jy osse, waar
ploegskare breek en draai
téén die dor gebeente van verset.

Môre verlang jy terug:
swart moerkoffie, varsgebakte brood
en plaasbotter,
beeste bulk in rooi Afrikaner stof.

Gister onthou jy die oes,
jy gooi woorde in die vuur
en sien hoe gesigte wroeg.

Oor ‘n leeftyd kyk jy heen:
die Doringboompie is nou boom,
jy bid en bring hulde –

Totius-VanWykLouw-Opperman
Krige-Jonker-KoosDoep-Krog

Want júlle het in die wind gesaai.

© Ernst Fernando dos Santos




2 Kommentare

  • Inkmoderator

    Ernst, dit is 'n besonderse gedig wat amper 'n odyssee word tussen die landskap en die woorde van, van die meesters. Ek vind niks hierin waarop ek krities kan fokus nie. Alles pas en vloei mooi. Ek wil tog vra: dink jy nie die laaste sin kon meer beteken (of sterker oorkom) as jy skryf 'in die wind' pleks van slegs 'die wind' nie? Dit is maar net terloops. Skryfgroete IM

  • Ernst

    My eerste gedagte was dat dit die betekenis sal verander, die wind as objek (dig inspirasie) maar toe sien ek duidelik in my geestesoog hoe hulle staan en die sade in die wind saai. Ek dink dit gaan my gedig perfek afrond. Baie baie dankie IM, groot waardering vir jou insig en leiding. Groete ns: Het jy nie 'n ander naam as bloot IM nie? :) :) :)

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed