Jongste aktiwiteit:

Bosveldhuisie

Ek weet van ʼn plek,

waar impala-lelies
in die veld opkom
en kosmosse kleurvol
in die wintergras blom.

Waar die kameeldoring vroegdag
die eerste sonstrale vang,
en die maan tot laatnag
op ons voorstoep rondhang.

Ek ken ń plek,

waar die jakkelse snags
vir die stilte blaf
‘wyl die winterbries salig
deur die veldgras draf.

Waar jy ń smaak ontwikkel
vir die geur van grond,
en die aroma van somerreën
kan proe in jou mond.

Ek ken ʼn bosveldhuisie

waar geluk wild groei
Weg van die mensdom se malheid
en die aarde wat bloei.

* FAK Sangbundel – Bosveldhuisie

@Loretta Szikra




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed