KATEGORIE: Moontlikheidsvorms – 2: ‘n Appel en ‘n Ei
‘n Appel en ‘n Ei
As ons ‘n appel sou wou hê,
sou ons ‘n boom moet plant.
(Of moes mos geplant het.)
Sou ons ‘n eier wou hê,
moes ons hen dit dog lê.
— Had ons ‘n hen, wil dit sê! —
Had ons die boompie geplant en die hoender gekoop,
— en ‘n tydjie gewag —
sou ons ‘n appel en ‘n eier gehad het.
En die omelet in die bottervet
kon ons gaar gemaak het,
en — hej! — sie’daar:
Hoe lekker sou dit gesmaak het!
Moontlikheidsvorms deel twee
©14e.Junie2017________…ööTöö…__________________(2013)tje
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.