lentetyd
Nuwe lewe roer in ou boomsap
lentetyd beloftetyd kleurebotsels blom
almal kry die blye boodskap
die swaeltjies het huis toe gekom.
Te lank die winter kou te lank die winter grou
‘n kakafonie van kleur en klank bars kos as voëls saamsnater
dit is ‘n nuwe seisoen dit is tyd om nes te bou
tiptol, bokmakierrie, mossies en vinkies het elk sy eie mater
Eenkant alleen sit ‘n houtkappertjie nou
ritmies teen ‘n boom en tik
vir hom is dit steeds winter
sonder sy maat probeer hy ‘n nessie bou
in hout so hart soos klip
Kort-kort loop sy verlange oor in ‘n klag wat deur alles sny
net soos ek soek hy sy maat
wil hy nie alleen agterbly
© Evanthe 2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.