Jongste aktiwiteit:

winde van verandering

warrelwinde van verandering
maak my ‘n vreemdeling
woeste winde ruk aan my huis se dak
verdraai my gees
ek hoor hoe die jakkalse tjank
die wilde honde snuffel by my deur
vrees maak my dit wat ek nooit wou wees
ek sien groot bome skeur en val
waar daar lewe was is dood
my reënboog-drome wat hoog moes vlieg,
lê leweloos in my skoot
ek wil so graag weer tuis voel
by die vuur sit as ek kon
maar ysige vingers klem om my hart
in die snikhete Afrika son
die son verdof in die sand en die stof
my oë traan en my hart huil saam
met die wind wat woedend om my loei
ek kan my pad nie meer vind
ek het verdwaal soos ‘n kind

Of het my paadjie hier toegewaai?

© Evanthe 2017




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed