Jongste aktiwiteit:

DIE LEWE

DIE LEWE
O moet tog my nie verby gaan
ek is ook mens nes jy hard geval
maar geen hand wat my kon ophelp
vandag is ek siek en alleen
moet my tog nie verby gaan
ek vra niks net iets om te eet
‘n nuwe koerant of ou kombers
so ietsie vir die pyn
al is dit net om die blou
trein te ry voor hy verby gaan
bad vra jy my wat is dit ek
weet van gesig was onder
die koue kraan
onder my koerant is daar
iets versteek dit is vir
my die hand wat my laat
loop waar mense
my kan aanstaar
mnr ek gee nie geld nie
want jy koop net dop
ag mnr daai is reg
al weet ek dit hou my kop
reg sodat ek more weer met
‘n ander pyn kan opstaan
kinders het ek ja vir wat
vra jy ek weet nie waar
seker in hul
mooi huise
nee vir wat se ding
is ‘n vrou mnr
ek het ook eens
op ‘n tyd ‘n suite gedra
weet jy maar veruil vir
‘n stukkende hemp
ek sien ook die son
ondergaan dan is dit
daar waar my oe se eie
water oor my gesig loop
my gesig verder skoon was
voor ek onder die koerant
gaan lê nadat ek lamp
se lig gaan soek het
o ja ek word baie geskop
en weg gejaag dit pla nie
mnr dan het ek klaar
gelees van die groot
Meester mnr
eendag sal ek nie weer
pla nie dan het die groot
Meester my ook kom haal
so het Hy ook vir my
gesê in die klein woordjies
daar onder die lamp
jy sien mnr die tyd het
verby my geloop
niemand het my gesoek
toe bly ek maar hier en daar
tot jy weet daai eendag
ek weet nie wat dan nie
wat van die stukkende
ou hemp gaan word nie
dit is nie my kommer nie
ek wil net gou loop
voor die blou trein
ook nog vir my vandag
net hier los dankie
mnr dit sal bietjie
help dit is nie
meer lank nie
mnr dan pla
ek nie weer
nie
jac
2017-08-30




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed