Digkuns vlam tussen my hande
Digkuns vlam tussen my hande
mag ek soos my hande om ‘n kersvlam
digkuns koester in die vlam van my liefde
omraam die hitte van my hartsbegeerte
wat kosbaarder as kleinood is
die appel van my oog –
om Afrikaans se fakkel hoog te brand
die kuns vervolmaak om met liefde
lewe te besing deur woordskilderye
sag gepastel deur kleure
van letters, woorde, strofes om
lesers se hartskamers oorvol te vul
wat sal ontspring in fonteine en oorloop
na liefdestrome met die waterval van muskus
katjiepiering, jasmyn, bergamut, ilang-ilang
geure van digters se woorde
die sintuiglike verslawing word wat vlam
oë wat streel; oor wat hoor;
vars reuk van digaroma; tippie-tong heuning;
maar die voel van die liefdesvlam van digkuns
wat elkeen tussen dighande kan koester
©Kopiereg Linda du Plessis 12/11/2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.