Die bou van ‘n vrou
As jy kyk liewe vrou
na jou spiëlbeeld,
sien hoe die Vader
Sy arms om jou vou
voel hoe Hy jou koester,
want Hy het jou gemaak
sorgvoldig aan mekaar geweef
sodat jy op arendsvlerke sweef.
‘n stukkie van die môrester
en Sy hart se punt
‘n vegters vuurstorm
met ‘n sagtheid soos die wind
Jou naam het Hy sorgvuldig
met sierskrif in Sy hand geëts
met ‘n kaleidaskoop van kleure
aloor jou hart geskets.
© Carla Visser
12.12.2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.