Jongste aktiwiteit:

Vaal mure van liefde

Wanneer die dag stil-stil raak
hoor mens net die geritsel
van die akkerboom se blare
en die wind se waai
wat deur die windpomp se vinne draai

Die seisoene teen die skadu’s
van gister se koppies
die weerkaatsing van afgeleë water
droom in die buitenste lyn van die horisonne

Eenkant staan die vaal
mure van liefde
en tussen windpomp en akkerbome
lê verborge drome




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed