Jongste aktiwiteit:

Anderkant na nêrens lê die Liefde

somtyds raak my gedagtes in vervoering
ver van waar nêrens eintlik eindig nie
weet ek wag daar ‘n lieflike droom
op iemand so naby maar tog so ver

onder die reënboog se soom wag die oomblik
van ‘n tere liefde omring en in die arms
omvou van die grootste onsigbare liefde ooit
weet ek sal ek in my oor hoor “Ek het jou lief”

lank het ek vir jou gewag skoon is jy gewas
vlekloos het jy voor my kom staan
met die witste wit in bruid gewaad
ontvang ek my lieflingskind vir altyd

prewel ek saggies dankie vir U genade so groot
ek het U lief my lewe afgespeel in die heerlikheid
van my Skepper se grootste liefde aan God die Eer
ontvang ek Hom met tere liefde en ‘n traan weggevee.

Geskryf deur Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed