Jongste aktiwiteit:

Klawerbord en die liefde

saggies hoor ek die klawerbord in die agtergrond
gespeel deur die een wat my die grootste vreugde bring
maar hier diep binne in my lê daar ‘n leegte soos min
want groot is die liefde tussen my en hom

maar ‘n verskriklike alleenheid pak my beet
want waar eens ‘n tere familie band was
van lag en gesels tussen neefs en nigs
ooms en tannies lê ‘n ver verlate onthou

onvergeetlik het die verlange in my hart geword
aan die onthou van heerlike samesyns eens
en besef jy ‘n besluit in jou lewe het alles verander
want uitgegooi is jy omdat ander se sonde nie tel nie

sterk staan ek vas terwyl die klawers die een hartseer
lied na die ander deurgee in jou gedagtes wat tol
aan die mooiste liefde ontdek waar ‘n ander liefde
in die slag gebly het en terugkeer nietemin

hoe dit ookal sy vergifnis is nie deel van hulle
wat met tongslae en vingerwys die pad byster raak
my liefde steeds net so erg vir hul en weet ek skielik
in saggies neurie en trane wat loop dat vergifnis groot is

Geskryf deur Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed