waar woorde
waar woorde nie kan gaan
ontmoet jy stille vreugde
onthou gedagtes deugde
wandel siele in stille laan
waar woorde nie kan gaan
ontmoet eensaamheid rede
onthou gedagtes net vrede
wandel siele in stille laan
waar woorde nie kan gaan
ontmoet lewe sy tweeling
onthou gedagtes ontbering
wandel siele in stille laan
waar woorde nie kan gaan
ontmoet liefde sy beminde
onthou gedagtes ontbonde
wandel siele in stille laan
waar woorde nie kan gaan
ontmoet stemme in musiek
onthou gedagtes die liriek
wandel siele in stille laan
waar woorde nie kan gaan
ontmoet strofes in gedigte
onthou gedagtes in gesigte
wandel siele in stille laan
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.