Jongste aktiwiteit:

Aborsie kind

op agt en twintig weke van swangerskap
besluit my ma
om ‘n einde te maak aan my lewe
die las te swaar om te dra

oorleef ek aborsie
my wil om te leef so sterk
lê ek vir weke aan masjiene gekoppel
net sodat my lyfie op sy eie kan begin werk

verwerping maak so seer
sal ek ooit iemand hê wat my kan liefkry
en my nie sal weggooi soos gemors
maar wat vir ewig sal bly

wie sal my tog wil aanneem
sal die regte familie my vind
ek, die mislukking
ek, aborsie kind

©Jessica Venter
23/12/2017

(ons was by ‘n kinderhuis om beertjies af te laai. Die een dogtertjie, wat nou 9 maande oud is, het ‘n aborsie oorleef. Ek het dit deur haar oogpunt probeer skryf)




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed