stry om te stry
twee dae na Sy geboorte
sê hulle twee dae NC
of die datum reg is
of die jaar reg is
maak dit saak
wie wil stry sal stry
daar is altyd iets om oor te stry
mense wat nie Sy Gees in hulle het
sal altyd tyd vind om oor iets te stry
solank hulle net nie moet gaan stilstaan
en met eerlikheid voor Hom stil word
Hom alleen aanbid met integriteit
in totale oorgawe aan Hom nie
lewe is te kort vir stry
stry nou nou laaste
en word rustig
in Sy hande
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2017 – Kersfeesvieringe projek