Jongste aktiwiteit:

DOGTER VAN DIE SON

DOGTER VAN DIE SON

dogter van God ek het jou gepluk
so sag, so warm teen my hart
vir my die beste kans op geluk
vir my soos ‘n harnas teen smart

jy pryk so mooi teen die droë warm aarde
gespin deur die vinger van God
jou woorde, jou wysheid – jou grootste waarde
jou vonkel, jou lag vir my tot genot

jy is die die spierwit, die skoon in my klere
die tulband, die mantel wat ek dra
jou gebede vir my soos lieflike geure
jou stem so sag as jy seën oor my vra

en saans as ek jou in my arms toevou
dank ek God vir jou, my liefling, my vrou

© – Barbara Smit 27/12/2017




1 Kommentaar

  • Inkmoderator

    Liewe Barbara, Dit is 'n besonderse vers wat die grootste enkele menslike behoefte, om geliefd te wees, beskryf. Die toonaarde van die vers is eerlik en die skoonheid van 'n opregte (tasbare) liefde maak jou vers aards en innemend. Ek het nie 'n enkele voorstel om aan hierdie pragtige vers te torring nie. Welgedaan. Skryfgroete IM

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed