Jongste aktiwiteit:

Oukersaand Drome

Die seisoen van vrede
en vreugde is hier,
van welwillendheid, liefde
word die fees mos gevier.
Dis vir saamwees en liefwees
word dit uitgebasuin
sodat harte moet hoor
dis ‘n siel blommetuin.

Is my hart dan verblind?
Is my ore dan doof?
Is my siel weggeskeur
soos ‘n ouerlose kind?

Die klokke beier
en musiek klink op
en die sterre skitter
en ek droom van die sneeu
in ‘n land ver van hier,
van die spierwitte koue
wat die landskap versier

wyl die sweetdruppels biggel
oor my lyfpaaie langs
en die Afrika hitte
soos ‘n las op my rus,
en my hart in die suide
stuur ‘n noodroep na bo:
“Dis die nag voor die feesdag,
hoor die kreet van my hart!
Laat ek tog nie alleen
hierdie kersdag moet bly nie!”

En ‘n hart in die noorde
op ‘n spierwit smarag
gee sy antwoord welluidend
deur die oukersaand nag:
“Moenie huil nie,
nie treur nie
ons is nooit nie alleen nie!”

“Want ‘n hart wat ‘n hart roep
word die tweesaam soos een
en geen winter of somer
of ‘n Afrika groot
kan die skeiding meer bring nie
ons is saam tot die dood.”

©Anton Bosch 24/12/2010




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed