‘n Soet melodie
Oor die grenslose mysterie
wat is liefde van die lewe?
musiek, sagte simfonie van oseane
is dit die geel op herfsblare
of die rooi op roosblare
Liefde is soos ‘n skildery
dit gebruik baie olieverf
werk laag op laag
dan kom dinge bietjie by
dan krap jy weer af
Kom loop saam met my
oor die reënboog se brug
waar ons oor fluweel sag gras gly
en ek soos klei in die streling van jou sagte hand sal bly
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek