Jongste aktiwiteit:

Die boontjierank

Die tuinier tuur boontoe na waar die prinses heen en weer voor die venster van haar toring stap. Dis nog donker buite en hy weet dat van die lig wat vanuit die kamer skyn lig is wat van die fyn goue drade, wat die dwerg binne die kamer spin, af reflekteer. Die goud wat die dwerg námens haar uit strooihalms spin.
Hy kyk af na die paar boontjies wat in sy growwe palm lê. Hy het alles wat hy besit weggegee vir hierdie paar sogenaamde magiese boontjies. Maar hulle moet werk, dink hy. Hulle moet net. Hy plant die boontjies aan die voet van die toring en sing-praat ’n gebed. Die boontjies begin ontkiem en groei en sy blik volg hulle op en op. Hy sien hoe die stamme verdik en saamklou en voor sy oë groei, totdat dit selfs verby die venster van die toring strek toe die eerste lig van die dag die nag wegdryf.
Die tuinier weet al te goed dat hierdie die tyd is wat die dwerg ophou spin en vir die dag verdwyn.
“Prinses!” roep hy. “Klim af!”
Hy hoef nie lank te wag nie, toe sien hy die jong vrou stadig by die boontjierank afklim. Toe sy onder kom, kyk sy om haar rond en ignorer die tuinier.
“Waar is my prins?” vra sy dan. Die tuinier staan stom en geskok. “Waar, lomperd?” vra sy en gluur hom aan.
Met sy hart in ’n miljoen stukke gebreek, wys hy na die geheime uitgang wat hy en van die ander bediendes soms gebruik om die kasteel mee binne te sluip of ongesiens mee uit te sluip.
Sy laat val ’n muntstuk in sy hand, sê vir hom “om jou stilte te verseker” en hardloop na die uitgang.
Die tuinier staar haar agterna en laat val die munstuk in die modder. Hy begin die boontjierank met ’n swaar hart klim uitklim en, toe hy die top bereik, sien hy die prinses steeds hardloop, haar vryheid verseker. Hy draai om, sprei sy arms uit, en laat die leegte in sy hart hom insluk soos hy val.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed