Liefde is
Liefde is (4de skryfkompetisie)
As liefde nie
maanskyn en rose
kaggelvuur en soetwyn
bloesende wange
en flinders in die maag is nie –
wat is dit dan?
liefde is die storms
terwyl jy vir die reënboog wag
dit is langs ‘n siekebed sit
terwyl jou hele liggaam na slaap smag
dit is om elke sent om te draai
terwyl julle wag vir die skip
dit is om agteruit te staan
sodat jou eggenoot sy merk op die wêreld kan druk
dit is kouse op die vloer
en tandepaste in die bak
dit is die sagte drukkie
wat ‘n moeilike dag beter maak
dit is om saam te lag
al wil jou binneste soms huil
om saam Christus te ken
en veilig by Hom te skuil
liefde is opoffering
om ‘n ander eerste te stel
liefde is ‘n vergifnis skuld
in ‘n neute dop is liefde geduld
©PcV
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek