Herfs kom metr die sekelmaan
sy het gekom met die sekelmaan
skugter in die skemer van die nag
ek merk haar in die oggendlug
verfrissend vars, half onverwag
die najaar bloei in roes en rooi
bome verkleur in ‘n goue gloed
eik, populier en wingerdblaar
‘n grand finale, ‘n laaste groet
dae word koeler, nagte langer
seisoene slegs van korte duur
soos sand wat deur my vingers val
ook hierdie herfstelike uur
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.