Jongste aktiwiteit:

Krulkop engel

op ‘n lentedag in September
is ‘n krulkop seuntjie gebore
‘n nuwe lyfie om te koester
ons wag opgewonde op jou koms
die vreugde van nuwe lewe
jy is engelmooi

die lewe gee
en die lewe neem

geluk was van korte duur
potblou was jou gesiggie toe jy wêreld begroet
jou mamma kon jou nie eens vashou
dokter behandel jou vir longontsteking
maar donkernag jaag hul na hartspesialis
waar hy jou ure lank ondersoek

hoekom is die lewe
dan so wreed?

die verpletterende nuus volg
drie hartdefekte, skade is te groot
daar’s niks wat hy kan doen
jou hartjie was te siek
jy was slegs drie en twintig uur oud
toe jy jou asempie uitblaas

dood, jou angel
steek deksels seer

skuld omvou my siel
want my baba
van ses weke leef nog
maar jy is weg

toe jou kissie sak
weergalm Theuns se sonvanger
deur die winter van my hart
het ‘n krulkop engel sy hemelse tuiste gevind

©Jessica Venter
27/2/2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak