Jongste aktiwiteit:

Soms…

soms is jy vir my die skaduwee
soos wolke voor die felle son
wat swart geskroeide vlaktes laaf
kortstondige oases skep
waar ek soos in ‘n koel fontein
‘n oomblik weer tot rus kan kom

soms is jy vir my die somerson
wat deur die blare speel
in ligkolle teen mure dans
soos skoenlappers in spatsels geel
het jy eens my hart kom steel
en aan die son gehang

soms –
as die strand in pienk en wit flamink
en die branders uitspoel op die sand
as die seemis teen die hemel sprei
en koraal lig op die strand neervlei
wil ek in pers en sagte blou
vir jou sê hoe lief ek jou




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed