Dagbreek
Elke oggend wag ek vir jou…
om die hemel te tooi in rooi,
om jou nag kombers af te skud,
om te glinster in die mȏre dou.
Jou warm strale op my gesig –
om jou kalmte te ervaar
jou rustigheid – namate
jy die wȇreld verlig.
Jou glans, sag en warm
wyl jy liefderik streel
oor Sy skepping – terwyl
jy op die horison talm.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.