Verlore Orgidee
was dit jy of die blom
wat gehuil het op die trap
trane wat stil en stom
hul storie vertel sonder ’n grap
vereensaam in jou verwelkte skadu
skree jou hart ’n stille kreet
vasgevang agter lewens tralie
werklikheid ongenaaktbaar en wreed
voel die aarslag van die son
en drink van sy oggend dou
ervaar sy sagte vertroosting
voor hy dans op die horison
en sy wit kleed vou
om die Knersvlakte van verwoesting
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.