baie jare lank was sy net daar
Die stilte langs die Hemelbed
sonder style of brokaatgordyne
-net ’n deurgang na sy Hemeltroon-
is swaar gelaai met ouerliefde;
baie jare lank was sy net daar
vir jul die smal weg aangewys.
Fyn plooie langs haar stil glimlag
perkament om haar hart gevou
kommerskrif en moederstreur
soveel geskryf soveel geleef;
hartstogtelik reik sy na Bo
met ewigliefde bly sy glo.
©adéle
5 Kommentare
-
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2018 - Moeder projek
-

Ronel Janse van Vuuren
Pragtig. Hou van die woordspeling.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Ch Nel Venter
Pragtig, diep woorde.