
Die berg van liefde
die berg het n muis gebaar,
berg van seer kry
daai berg was liefde en drome verby
ontmoeting, van toe af was dit net jy
nooit gedroom van seer kry
net van liefde, liefde vol beloftes
op n berg wat muise baar,
muise wat niks is
liefde wat drome is, drome wat ons is
fantasieë van wat nou weg is, weg verby
die berg het n muis gebaar,
berg van seer kry
daai berg was liefde en drome verby
afskeid, van nou af net ek
ek alleen, jy alleen, seer bevlek
drome van muise, muise wat niks is
op berge van liefde, liefde wat vêr is
ons drome het niks geword, niks is voltrek
net berg alleen ons, met trane bedek
die berg het n muis gebaar,
berg van seer kry
daai berg was liefde en drome verby
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.