saam
my duin is waar ek saam is
daar kom my siel en sweef
saam met dié van my mense
daar swem ek in familie-gees
wonderlik wat stilte mens kan bring
in stilte gesels my gees met almal
ontmoet ek hulle uit verre verlede
gesels ek met hulle wat nog aankom
om saam te wees na lange skeiding
is hemelse genot slegs uit genade
om tyd uit te buit tot laaste sekondes
tyd wat verby gaan in soete nostalgie
voor jy weet is dit tyd om te vertrek
dit is asof alles dan sal gaan stilstaan
maar, helaas, môre kom son weer op
as gisters maar almal môre kon wees
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.