Mekaar bly leen
In die na-nag van jou hunkering
in die rukwind van jou roep
in elke goue herinnering
in die velde van ons liefde
waar ek jou aanhou soek.
daar kruip jy uit jou
winter skuiling
en loer jy regdeur my
in sterrehemel van ons emosies
vind ons mekaar en bly
in die sonlig deur die blare
in die rippeling op die meer
deur die glimlag van ons sorge
en die groet van oomblikke teer
deur dit alles kan ons bly getuig
dat Sy liefde vir ons twee seën
in lof en dank van elke dag
kan ons by Hom
mekaar bly leen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.